Monday, September 14, 2009

STRUISBAAI HAWE, KOS VIR DIE Oë


'n Blou Maandag. Watwou! Nie vandag nie. En nie op Struisbaai nie.Wanneer die hawe met sy dobberende bote jou gesigsveld binnekom, gebeur daar iets in jou kop en jou hart. Jou kop begin minder zoem onder die oorweldigende sensoriese aanvalle van verpligtinge, selfone en druk van eposse wat beantwoord moet word. Jou hart klop stadiger en meer gelykmatig. So ja! Dit is mos heelwat beter.

Ons het vandag die heerlike voorreg gehad om Struisbaai se hawe te gaan besoek. Met 'n beker warm sjokolade en 'n "doughnut" in die hand. Glo my dit was te lekker vir woorde! En nou praat ek nie net van die te-ete-en-drinke nie. Ons genot het opgesluit gelê in die stemming van die hawe en die beweging van mense en diere.

Die prentjie van die mens-goed is verskillend saamgestel. Daar is die ou-skool vissermanne van beroep. Alles omtrent hulle is eg. Die emmers met die aas en die plastiek "wet skins" is alles noodsaaklike bykomstighede om die visvangs moontlik te maak. Geen visserman wat sy sout werd is sal daarsonder betrap word nie. Party se "velle" is geelkleurig en ander vissermanne s'n is groenkleurig. So hier en daar is daar rooikleurige "velle" ook. Dit vorm 'n fees van kleure en mengelmoes van mense met die uitgaan en die terugkom van die bote. Dit bevestig dat ons 'n reënboognasie is.

Maar ons toneel is nog nie klaar geskilder nie. Daar is ook nog die vissermanne wat van die kant af 'n handlyn of visstok ingooi. Groot en klein probeer hulle om 'n vangs te maak. Party is sommer net daar vir die lekkerte om te kan ontspan, die koppe oop te maak en die dag te geniet.
En ons ander klompie sit en bekyk al die bedrywighede op die "jetty". Ons kyk na die water en verstom onsself oor die bote wat inkom en uitgaan. En ons verwonder ons aan al die bedrywighede in die hawegebied. Bokant ons jil die seevoëls en die kormorante sit en kraak op die lamppale. Pasop vir diegene wat te naby staan. 'n Bombardement van verwerkte vis kan langs jou of op jou val. En glo my, as jy dit kan vermy, sal jy. Sies!

En net hieronder ons, wat op die "jetty" loop, is "Parry" en sy vriende besig om oneindige vermaak aan al wat leef en beef te verskaf. "Parry" en vriende vorm deel van ons opewater akwaruim. Hulle is reusagtige donkerkleurige pylsterte wat die vlak waters patrolleer vir 'n vangsel van vis. Die donker glyende gedaantes is nou hier en dan weer daar ver. Waar is hulle nou weer heen? Kul jou hier en kul jou daar, dan is hulle weg.

Ons hawe het die warm hart van 'n ou vissermansdorpie. Die sogenaamde "chukkies" lê en dobber in hulle middeljarige 40 jarige glasvesel velle. Hulle word so genoem oor die kenmerkende "chuck-chuck" geluid van hulle binneboord motors as hulle stadig die hawe binnevaar.

Hulle teenwoordigheid spel belofte en lewe uit. Want as die weer dit toelaat en die vis begin loop is hulle deel van die vissermansvloot wat uitvaar na die sesmylbank of die twaalfmylbank om hulle sukses te gaan beproef.

Die mense wat hierdie vloot beman het temperamente van hulle eie. En om 'n visserman te wees en jou lewe daaruit te maak is verseker nie vir sissies bedoel nie. Ek het hulle al menigmaal dopgehou met die aankomsslag na 'n nag op die water of 'n dag op die see.

Die wisselende sukses word vasgevang in die manier van hulle afklim. As hulle in mid winter afklim uit die bote, gedwee en elkeen sy eie emmer vat en eie koers aanstryk, weet jy dat dinge moeilik gaan. Daar was nie vis nie. Honderde rande se diesel is uitgery en al beloning is net 'n handvol visse. 'n Mens se harte breek dan vir hulle.

Hulle het so hard geprobeer. Hulle was daar, die voorbereiding was reg, maar ai die oes was treurig. En dan sê hulle nog "cowboys don't cry". Maar so maklik is dit nie altyd nie. Cowboys huil ook, al is dit na binne.

"Kom nou manne, tel julle koppe op. Volgende week gaan dinge weer beter" , En dan gebeur dit ook. As die bote invaar in die hawe en die voëls "klik" kliphard dat daar 'n vangs was, met hulle rondsirkelende bewegings rondom die boot, dan is die tuiskoms anders as die vorige keer. Beter! Lekkerder!

Hulle spring hups uit die bote. Hulle stap in gelid af van die "jetty ". En daar is doelgerigtheid en jubeling in hulle stap. Vandag het die grotes nie weggekom nie. Dit is mos die lewe.

En nou-nou, nou stap hulle in die kenmerkende treintjie weg van die boot met die houers vol vis.
Dit is nou die spesiale optog wat organiseer word om 'n klompie mandjies vanaf die skuit te bring na die weegskaal. Hulle is nou oppad na die inwegers van die dag se vangste. Die hele "crew" het deel aan hierdie sukses. Sywaarts soos krappe kom die menslike treintjie aangestap. Ses stuks van die bemanning. Daar is 'n arm na voor na die een mandjie en 'n arm na agter om die ander mandjie te steun. Watter wonderlike demonstrasie van sukses. Hulle stap doelgerig op die skaal af. "They mean business".


Jong, dit is lekker. Kom kuier 'n slag saam met ons. En gly jou selfoon buite bereik onder die vloermatjie van jou motor in, plaas die soekfunksie op "vibrate" of skakel die ding net af.
Maak die besoek "my-tyd".

Jy kan hierdie besoek aan Struisbaai hawe boekmerk as iets wat ek nog graag eendag sal wil doen.


Thursday, September 10, 2009

THE ROAD LESS TRAVELLED TO L'AGULHAS

I still have not done it. Not once in my fifty one odd years of age. My daughter has finished it about ten times. And she's still practically a baby, a mere 22 years of age. It shows you one is never to old to learn (experience) something and never to young to know something of worth and value.

But she has taken the road less travelled. She has chosen this path less travelled, enjoyed it and shamed a lot of us that is still hesitant.

Let me introduce you the road between Struisbaai and L'Agulhas. No, not the one you've taken previously in your VW Beatle or your Pajero.

Get out of your motor car, at grass roots level and hit the road on foot to L'Agulhas (from the Struisbaai side) or to Struisbaai (from the L'Agulhas side)

Let yourself be guided by the Nike motto: "Just do it".

She told me about the smells, the sights, the aching feet at the end. But she also told me afterwards that the experience is life changing in many ways.

What to take and wear: a good pair of walking shoes, a hat, suntan, a water bottle (optional) and maybe a lightweight camera.

What you don't need: a GPS, a compass (just follow the road), a watch and timetable.




BOARDWALK ERECTED AT THE TIP OF AFRICA

When our family visited the memorial stone at the tip of Africa last week, we were greeted by an exciting development.

The South African National Parks authority is busy with the construction of a boardwalk to the memorial at the tip of Africa. A Boardwalk is a wooden structure slightly elevated above the natural terrain and the fynbos.

Until recently one had to parked in a rough semi accessible parking space and make way over a rough patched footpath to the memorial.

Following the success of the boardwalk in Struisbaai, between the Struisbaai harbor and Beach Road, this new boardwalk really promises a new level of experience for pilgrims to this memorable place.

And it appeal to my sense of really trying to conserve the semi-pristine nature of the area. In this instance SANPARKS is living up to the motto: "Leaving nothing but footprints, taking nothing but photographs"

Come people, now more than ever, this is one of the things we must do before one dies. To let your photograph be taken at the very southernmost point of Africa, the doorway to the "Antartic".